STEMPELwerkswinkel
Kom sny jou eie stempel saam met my. Geen ervaring nodig nie, net 'n bietjie geduld en 'n bereidwilligheid om ink op jou klere te kry. Jy gaan huis toe met jou eie stempel en 'n stapel goed wat jy self gedruk het.
ek bring die gereedskap. jy bring die stories.
hoe werk dit?
drie stappe. geen talent nodig nie. ek belowe.
- 1
Teken
Jy kry 'n idee, of jy steel een van my. Ons teken dit op 'n blok rubber.
- 2
Sny
Stadig. Weg van jou vingers af. Alles wat jy wegsny, druk nie.
- 3
Druk
Ink op, druk hard, lig op. Dis die beste geluid in die wêreld. Herhaal tot jy alles gestempel het.